,

Rolsif Standaard – Enkeldrom / Roll Sieve Standard Single | V007

SKU: RS1.02 Categories: ,

Inlighting: 

  • Voldoende trekker: 70kW
  • Aandrywing vanaf trekker – PTO af
  • Ideale spoed is net bo luier (idle)
  • Massabak vat 4 – 5 ton
  • Toevoer na sif word met sluis beheer
  • Awegaar se uitgooihoogte: 4m
  •  2x Wiele met 305/55/R22.5 bande
  • “Screening” word langs die kant van die sif deur vier sluise in 50kg sakke uitgesak

Kapasiteitwerking:

  • Mielies: 30-40t
  • Soja: 20-30t
  • Sonneblom: 10-15t

Opsioneel:

  • Elektriese omskakeling kan gedoen word

Siwwe:

  • Mieliesiwwe: 4.75mm+6.35mm Agter = 25mm
  • Sojasiwwe: 4mm+4mm  Agter = 8mm
  • Koringsiwwe: 2x Slotgatsiwwe van 1.8mmx12.7mm Agter = 25mm
  • Sonneblomsiwwe: 3.15mm + 3.15mm Agter 25mm

 

===============================

Voordeel:

  • Verwyder die nie-gewenste elemente en kleiner graan pitte in die oes om te verhoed dat jou graan as swakker gekwalifiseer word by die silos.
  • Die kleiner pitte wat uitgesif word kan dan as veevoer gebruilk word. Andersins, as dit by die silos uitgesif word, gaan die uitsifsels (kleiner pitte) vir jou verlore en boonop betaal die silos ook minder vir die oes.
  • Die oes wat na die silos gestuur word na dit deur die rolsif is, kan moontlik 1 of 2 grade beter geklasifiseer word. So die prys per ton vir die oes is meer.

So jy spaar:

  • Silos kostes om die graan te sif om onsuiwerhede te verwyder word vermy.
  • Persentasie van die gewig van die oes wat afgetrek word agv die ongewenste elemente en Kleiner pitte in die oes.
  • Die oes wat hoër gegradeer word, en dus ‘n beter prys per ton tot gevolg h
  • Sifsels wat by die silos gesif word en gewoonlik teruggekoop moet word, is nie meer verlore en kan gebruik word as kos vir die vee.
  • Tyd te spaar deur nie na die gradasie van die oes, agter in die tou te moet inval waar die oes gesif moet word. Dus kom die voertuig vinniger op die plaas om die volgende vrag te Vervoer.

Vir mielies:

  • Gifsade en gruis/klein pitte word apart uitgesit

Vir Sojabone:

  • Gifsade en splits/klein pitte en groen peule word apart uitgesit

Gedoen deur verskillende sif drade op rolsif te gebruik vir die volgende gewasse:

  • Mielie
  • Sonneblom
  • Sofabone
  • Koring

Verskil tussen enkeldrom en dubbldrom sif:

  • Dubbel drom – meer geskik vir sojas. Ontlaai van sifsels word alles gesamentlik in die bakkieshyser opgevoer wat dan in ton sakke of sleepwa opgevang word.
  • Enkel drom – mielies en sonneblom, sojabone ook. Sifelsel word in 50kg sakke opgevang.