,

Rolsif dubbel drom / Roll Sieve Double | V008

SKU: RS 2.02 Categories: ,

Inligting:

  • Voldoende trekker: 70kW
  • 2 Hidroliese punte
  • Massabakkapasiteit: 4-5 Ton
  • Aandrywing deur PTO (Net bo “idle” spoed)
  • Toevoer na sif word met sluis beheer
  • Bande: 305/55/R22.5

Werking: 

  • Die sif van graan vind plaas deur ‘n dubbeldromaksie. Alle “screenings” word deur ‘n awegaar verskuif na ‘n bakkies hyser met ‘n uitgooihoogte van 3,2m

Opsioneel:

  • Elektriese omskakeling

Siwwe:

  • Mielies | 4.75mm; 6.35mm;25mm(agter) | Binnedrom: 12mm
  • Sojas | 4mm; 4mm; 8mm (agter) | Binnedrom: 8mm
  • Sonneblom | 3.15mm; 3.15mm; 25mm(agter) | Binnedrom: 12mm
  • Koring | 2 x 1.8 x 12.7mm; 25mm(agter) | Binnedrom:
  • Seksies: 4x600mm; 1x400mm; 1x460mm| Buitedrom:
  • Seksies: 2 x 1,300mm & 1 x 920mm

 

=======================

Voordeel:

  • Verwyder die nie-gewenste elemente en kleiner graan pitte in die oes om te verhoed dat jou graan as swakker gekwalifiseer word by die silos.
  • Die kleiner pitte wat uitgesif word kan dan as veevoer gebruilk word. Andersins, as dit by die silos uitgesif word, gaan die uitsifsels (kleiner pitte) vir jou verlore en boonop betaal die silos ook minder vir die oes.
  • Die oes wat na die silos gestuur word na dit deur die rolsif is, kan moontlik 1 of 2 grade beter geklasifiseer word. So die prys per ton vir die oes is meer.

So jy spaar:

  • Silos kostes om die graan te sif om onsuiwerhede te verwyder word vermy.
  • Persentasie van die gewig van die oes wat afgetrek word agv die ongewenste elemente en Kleiner pitte in die oes.
  • Die oes wat hoër gegradeer word, en dus ‘n beter prys per ton tot gevolg h
  • Sifsels wat by die silos gesif word en gewoonlik teruggekoop moet word, is nie meer verlore en kan gebruik word as kos vir die vee.
  • Tyd te spaar deur nie na die gradasie van die oes, agter in die tou te moet inval waar die oes gesif moet word. Dus kom die voertuig vinniger op die plaas om die volgende vrag te Vervoer.

Vir mielies:

  • Gifsade en gruis/klein pitte word apart uitgesit

Vir Sojabone:

  • Gifsade en splits/klein pitte en groen peule word apart uitgesit

Gedoen deur verskillende sif drade op rolsif te gebruik vir die volgende gewasse:

  • Mielie
  • Sonneblom
  • Sofabone
  • Koring

Verskil tussen enkeldrom en dubbldrom sif:

  • Dubbel drom – meer geskik vir sojas. Ontlaai van sifsels word alles gesamentlik in die bakkieshyser opgevoer wat dan in ton sakke of sleepwa opgevang word.
  • Enkel drom – mielies en sonneblom, sojabone ook. Sifelsel word in 50kg sakke opgevang.